
SPORT
Hugenote Sport
Ons glo dat sport ‘n belangrike rol speel in die holistiese, gebalanseerde ontwikkeling van ons leerders. Ons bied ‘n wye verskeidenheid sportsoorte aan wat nie net fisiese fiksheid bevorder nie, maar ook vaardighede in spanwerk, deursettingsvermoë en dissipline vaslê. Watter sportsoort dit ookal is – ons kinders leer om trots met entoesiasme en goeie sportmangees deel te neem!
ATLETIEK
Hugenote Laerskool is baie trots op die atletiekprogram wat by die skool gevolg word. Die puik resultate, massadeelname en topatlete wat die program oplewer, getuig van die effektiwiteit daarvan.
Ons interhuisbyeenkoms, waar die Blou-, Wit- en Goue Spanne met groot entoesiasme teen mekaar om die span- en geesbeker meeding, vind jaarliks plaas. By hierdie geleentheid word die atelete met potensiaal vir ons atletiekspan geïdentifiseer.
Atlete wat vir ons skoolspan kwalifiseer, neem tydens die atletiekseisoen aan verskeie byeenkomste deel. Hier kry hulle die geleentheid om op vriendskapelike, streeks- en provinsiale vlak deel te neem.
Atletiek word hoofsaaklik in die 1ste en 4de kwartale aangebied.
Atletiek by Hugenote Laerskool bestaan uit agt items:
- Hoogspring
- Verspring
- Gewigstoot
- Diskus
- Spiesgooi
- Naellope
- Hekkies
- Middelafstand
TENNIS
By Hugenote Laerskool poog ons om alle tennisspelers se potensiaal ten volle te ontgin ten einde hul karakter, selfbeeld en talente maksimaal te ontwikkel, hul deelname te bevorder en hul beste prestasie volgens hul unieke talent en toewyding te lewer.
Ons het twee o.11- en o.13-seuns- en dogterspanne wat almal in die plaaslike ligas deelneem.
Daar word ook jaarliks tussen die o.13A-, o.13B- en o.11A-spanne uitgespeel om plekke vir die span wat ons skool by die gerekende nasionale Gerrie Berner Tennistoernooi sal verteenwoordig, te beslis.
Hugenote Laerskool bied boonop jaarliks ons eie Top Spinners Tennistoernooi vir o.11-seuns- en dogterspanne van omliggende skole aan. Hier stel ons ons o.11-spelers aan ’n toernooiformaat bloot ter voorbereiding vir die komende jare waar hulle as o.13’s sal kompeteer.
Afrigting vind by die bane van Hugenote Laerskool, Hugenote Hoërskool en die Wellington Tennisklub plaas en ons is bevoorreg om die bekwame afrigters van HEAT as deel van ons tennisspan te hê.
Vir leerders wat nie in spanne speel nie, is daar die geleentheid om hul vaardighede by ons weeklikse oefeninge vir verskillende ouderdoms- en vaardigheidsgroepe te ontwikkel.
Ons personeel bied tennisafrigting aan waar die nodige vaardighede en kennis rondom die spel vir gr.1 – gr.7 aangeleer word.
SWEM
Ons jaarlikse swem-interhuisgala, wat in die 1ste kwartaal plaasvind, is die hoogtepunt op ons swemkalender. Dit dien ook as ‘n geleentheid waar die lede van ons swemspan geïdentifiseer word. Hierdie span oefen weekliks en verteenwoordig die skool by verskeie liga- en ander swemgalas.
Gedurende die swemseisoen oefen swemmers twee maal per week by Hugenote Hoërskool se swembad.
Hugenote Laerskool bied ook jaarliks die Blackie Splash gala aan waar ons swemmers teen van die sterker swemskole in die Paarl en omgewing meeding.
KRIEKET
Alhoewel krieket ‘n spansport is, fokus ons by Hugenote ook op die ontwikkeling van individuele kolf-, boul- en veldwerkvaardighede.
Ons o/7-, o/8- en o/9-krieketspelers speel mini-krieket. Hulle kry die geleentheid om basiese krieketvaardighede aan te leer en aan toernooie deel te neem. Ons jaarlikse mini-krieketaand, waar ouers en kinders spanne inskryf en prettige wedstryde teen mekaar speel, is die hoogtepunt en afsluiting van ons mini-krieketprogram.
Ons seniorkrieketspanne oefen weekliks en neem jaarliks met groot welslae aan liga- en vriendskaplike wedstryde deel. Ons bou aan ’n kontinuïteitsplan om te verseker dat die spelers se vaardighede konstant ontwikkel soos wat hulle vanaf o.11 na o.13 vorder om sodoende ’n goeie grondslag te lê vir moontlike deelname aan krieket in die hoërskool.
TWEEKAMP
Tweekamp is ‘n opwindende en dinamiese sport wat by Hugenote Laerskool in kwartaal 1 en 4 aangebied word. Hierdie sportsoort behels ‘n kombinasie van hardloop en swem, wat nie net fisiese fiksheid bevorder nie, maar ook deursettingsvermoë, spoed en taktiese beplanning vereis.
Ons is trots daarop om by Boland Tweekamp geaffilieer te wees. Dit bied aan ons leerders die geleentheid om mededingend op provinsiale vlak deel te neem en hul vaardighede verder te ontwikkel. Deur deelname aan tweekamp kry leerders die kans om hul sportiewe vermoëns te verbeter, spanbou te bevorder en selfvertroue te bou.
Tweekamp is ‘n opsie vir alle Hugenote-leerders met ‘n liefde vir hardloop en swem. Die sport is geskik vir beide beginners en gevorderde atlete en bied ‘n uitstekende geleentheid vir elke kind om hul vaardighede en fiksheid te verbeter.
RUGBY
Hugenote Laerskool bied mini-rugby vir o/7’s tot o/9’s aan. Hier fokus ons op die ontwikkeling en groei van elke speler.
Rugby is ‘n wintersport wat in die tweede en derde kwartaal beoefen word. By Hugenote val die fokus in ons afrigting op vaardigheidsontwikkeling, deelname en die genot van die spel. Ons wil graag hê dat elke speler met trots ons skool op die rugbyveld sal verteenwoordig.
Die verskillende spanne word deur ons personeel, in samewerking met buite-afrigters, afgerig. Ons wil verseker dat alle spesalis-velde tydens afrigting aangespreek word.
Ons bied mini-rugby is vir o.7’s tot o.9’s aan. Hier fokus ons op die ontwikkeling en groei van elke speler se basiese rugbyvaardighede. Ons poog om aan soveel as moontlik kinders ‘n kans vir deelname te bied.
Een mini-rugbyoefening per week word deur die afrigters behartig. Ons mini-rugbyspelers is bevoorreg om tydens hul tweede weeklikse oefening deur die bekwame afrigters van RuggaRoots te ontvang.
Ons seniorrugby se spanne val onder die twee voorgeskrewe ouderdomsgroepe vir laerskole, naamlik o.11 en o.13. Hier probeer ons die struktuur van rugby vaslê deur veral op posisionele spel te fokus.
Die o.13A-span het jaarliks die voorreg om aan die Kobus Wiese Superreeks tydens die Maart-skoolvakansie deel te neem. Dit dien as goeie voorbereiding vir die winterseisoen.
As deel van die Boland se roemryke rugbytradisie, is ons skool se rugbykultuur kerngesond en ons waardes word met elke uitdraf op die veld weerspieël.
NETBAL
Netbal is ‘n wintersport wat in die tweede en derde kwartaal beoefen word. By Hugenote wil ons graag van jongs af die genot van die spel aan elke speelster bekendstel, deelname aanmoedig en op vaardigheidsontwikkeling fokus.
Die verskillende spanne word deur ons personeel, in samewerking met buite-afrigters, afgerig. Ons wil verseker dat alle spesalis-velde tydens afrigting aangespreek word.
Ons bied mini-netbal vir o.7’s tot o.9’s aan. Hier fokus ons op die ontwikkeling en groei van elke speler. Ons grootste doelwit is die ontwikkeling van die sport en om aan soveel as moontlik kinders ’n geleentheid te bied om deel te neem aan en ‘n liefde te te kweek vir netbal.. In kwartaal twee val ons fokus op die aanleer van reëls en ’n beter begrip vir die spel, terwyl ons in kwartaal drie met ander skole kompeteer.
Ons bied jaarliks ons eie mini-netbaltoernooi aan, By hierdie “Mini-netbal met ’n Twist”-toernooi kan ons spelers vir die eerste keer op ’n prettige manier met ander skole kompeteer.
Ons senior-netbalspanne, o.10 – o.13, kompeteer reeds vanaf die begin van kwartaal 2 in verskeie ligas en speel ook talle vriendskaplike wedstryde gedurende die seisoen.
Die o.13A-netbalspan het jaarliks die voorreg om tydens die Maart-skoolvakansie, ter voorbereiding vir die netbalseisoen, aan die Kobus Wiese Superreeks toernooi deel te neem.
HOKKIE
Hokkie word hoofsaaklik in die tweede en derde kwartaal aangebied. Dit is ’n gewilde wintersport wat deur beide seuns en dogters gespeel word.
By Hugenote fokus ons hokkie-afrigters op die ontwikkeling van ons spelers se fiksheid, spoed, krag, stok- en balvaardighede, sowel as op hul beweeglikheid en posisionele spel.
Die verskillende spanne word deur ons personeel, in samewerking met buite-afrigters, afgerig. Ons wil verseker dat alle spesalis-velde tydens afrigting aangespreek word.
Ons o.7-, o.8- en o.9-leerders speel mini-hokkie. Hier is dit ons hoofdoel om ‘n liefde vir die sport, sowel as span- en sportmangees by ons jong spelers te kweek. Elke kind kry die geleentheid om deel te neem en hul vaardighede in elke posisie te oefen. Sodoende word die grondslag vir volhoubare deelname en prestasie gelê.
Die o.10-, o.11-, o.12- en o.13-leerders speel seniorhokkie en neem aan formele wedstryde deel. Omdat daar nie ’n formele hokkie-liga, weens die tekort aan belangstellende skole, in ons area is nie, plaas dit Hugenote Laerskool in die ideale posisie om sy eie liga te bou en daardeur met van die sterkste hokkieskole in en buite ons onmiddellike area kragte te meet.
By ons seniorhokkie word die fokus grotendeels geplaas op die bou van die individuele vaardighede wat benodig word om in sekere posisies te kan speel. Daar word ook op verskillende spelpatrone wat in wedstryde geïmplementeer kan word, gefokus.
Hugenote spog jaarliks met talle provinsiale hokkiespelers.
LANDLOOP
By Hugenote benut ons al die voordele wat landloop bied. Die algemene fiksheid wat ons leerders hier verkry, is ‘n bate wanneer hulle die skool in aan ander sportsoorte verteenwoordig.
In die tweede en derde kwartaal neem ons aan die skole-ligawedlope, wat gewoonlik op Vrydagmiddae plaasvind, deel.
Na afloop van die liga-seisoen dring die leerders wat kwalifiseer na die provinsiale en nasionale kampioenskappe deur.
SKAAK
Skaak ontwikkel jou breinspier!
By Hugenote is skaak nie net ‘n sportsoort nie, maar boonop ‘n plek waar strategiese denke, probleemoplossingsvaardighede en konsentrasievermoë met groot pret gekombineer word.
Ons skaakspelers kan dwarsdeur die jaar by ons skaaklesse inskakel en aan kompetisies deelneem. ‘n Baie bekwame buite-afrigter, in samewerking met ons skaakonderwysers, rig ons opkomende skaaksterre af. Ons spanne neem gereeld en met groot welslae aan verskeie kampioenskappe deel.
Ons vorm ook deel van die Wellington-skoleliga, waar ons eerste en tweede spanne met verskeie skole in en rondom Wellington meeding.
Huguenot Sport
We believe that sport plays an important role in the holistic, balanced development of our learners. We offer a wide range of sports that not only promotes physical fitness, but also builds skills in teamwork, perseverance and discipline. Whatever sport it is – our children learn to participate proudly with enthusiasm and good sportsmanship!
ATHLETICS
Huguenot Primary School is immensely proud of the athletics programme that is followed at the school. The remarkable results, mass participation, and top athletes that the programme produces are a testament to its effectiveness.
Our inter-house event, where the Blue, White and Gold teams compete against each other with great enthusiasm for the Team and Spirit Cup, takes place annually. On this occasion, the athletes with potential for our athletics team are identified.
Athletes who qualify for our school team participate in various events during the athletic season. Here they are given the opportunity to participate at friendly, regional and provincial level.
Athletics is mainly offered in the 1st and 4th terms.
Athletics at Huguenot Primary School consists of eight items:
- High jump
- Long jump
- Shotput
- Discus
- Javelin
- Sprints
- Hurdles
- Middle distance running
TENNIS
At Huguenot Primary School, we aim to grow all tennis players’ potential fully to develop their character, self-esteem and talents to the maximum, promote their participation and deliver their best performance according to their unique talents and dedication.
We have two U11 and U13 boys’ and girls’ teams all competing in the local leagues.
There is also an annual competition between the U13A, U13B and U11A teams to determine places for the team that will represent our school at the prestigious national Gerrie Berner Tennis Tournament.
Huguenot Primary School also hosts our own Top Spinners Tennis Tournament annually for U11 boys’ and girls’ teams from surrounding schools. Here we expose our U11 players to a tournament format in preparation for the coming years where they will compete as U13s.
Coaching takes place at the courts of Huguenot Primary School, Huguenot High School and the Wellington Tennis Club where we are privileged to have the competent coaches of HEAT as part of our tennis team.
For learners who do not play in teams, there is the opportunity to develop their skills at our weekly practices for different age and skill groups.
Our staff offer tennis coaching where the necessary skills and knowledge regarding the game for gr.1 – gr.7 are taught.
SWIMMING
Our annual swimming inter-house gala, which takes place in the 1st term, is the highlight on our swimming calendar. It also serves as an event where the members of our swimming team are identified. This team practices weekly and represents the school at various league and other swimming galas.
During the swimming season, swimmers train twice a week at Huguenot High School’s swimming pool.
Huguenot Primary School also hosts the annual Blackie Splash Gala where our swimmers compete against some of the stronger swimming schools in Paarl and the surrounding area.
CRICKET
Although cricket is a team sport, we also focus on developing individual batting, bowling and fielding skills.
Our U7, U8 and U9 cricketers play mini-cricket. They get the opportunity to learn basic cricket skills and participate in tournaments. Our annual mini-cricket evening, where parents and children enter teams and play fun matches against each other, is the highlight and conclusion of our mini-cricket programme.
Our senior cricket teams train weekly and participate in league and friendly matches every year with remarkable success. We are building on a continuity plan to ensure that the players’ skills are constantly developing as they progress from U11 to U13 to lay a good foundation for possible participation in cricket in high school.
RUGBY
Rugby is a winter sport that is practised in the second and third terms. At Huguenot Primary, the focus in our coaching is on skill development, participation and the enjoyment of the game. We would like every player to proudly represent our school on the rugby field.
The different teams are coached by our staff, in collaboration with outside coaches. We want to ensure that all specialist fields are addressed during coaching.
We offer mini-rugby for U7 to U9 players. Here we focus on the development and growth of each player’s basic rugby skills. We aim to offer as many children as possible a chance to participate.
One mini-rugby practice per week is held by the coaches. Our mini-rugby players are privileged to receive coaching from the skilled coaches of RuggaRoots during their second weekly practice.
Our senior rugby teams fall under the two prescribed age groups for primary schools, namely U11 and U13. Here we try to establish the structure of rugby by focusing particularly on positional play.
The U13A team has the privilege of participating in the Kobus Wiese Super Series during the March school holidays. It serves as good preparation for the winter season.
As part of the Boland’s illustrious rugby tradition, our school’s rugby culture is strong, and our values are reflected with every run of the field.
NETBALL
Netball is a winter sport that is practised in the second and third terms. At Huguenot Primary, we would like to introduce the enjoyment of the game to every player from an early age, to encourage participation and focus on skill development.
The different teams are coached by our staff, in collaboration with outside coaches. We want to ensure that all specialist fields are addressed during coaching.
We offer mini-netball for U7s to U9s. Here we focus on the development and growth of each player. Our biggest goal is the development of the sport and to provide as many children as possible the opportunity to participate in and cultivate a love for netball. In term two, our focus falls on learning rules and a better understanding of the game, while in term three we compete with other schools.
We host our own mini-netball tournament every year. At this “Mini-netball with a Twist” tournament, our players can compete with other schools in a fun way for the first time.
Our senior netball teams, U10 – U13, will compete in various leagues from the start of the second term and play numerous friendly matches during the season.
The U13A netball team has the privilege of participating in the Kobus Wiese Super Series tournament during the March school holidays, in preparation for the netball season.
HOCKEY
Hockey is mainly offered in the second and third terms. It is a popular winter sport played by both boys and girls.
At Huguenot Primary, our hockey coaches focus on developing our players’ fitness, speed, strength, stick and ball skills, as well as on their mobility and positional play.
The different teams are coached by our staff, in collaboration with outside coaches. We want to ensure that all specialist fields are addressed during coaching.
Our U7, U8 and U9 learners play mini-hockey. Here, it is our main goal to cultivate a love for the sport, as well as team spirit and sportsmanship in our young players. Each child gets the opportunity to participate and practise their skills in each position. In this way, the foundation for sustainable participation and performance is laid.
The U10, U11, U12 and U13 learners play senior hockey and participate in formal matches. As there is no formal hockey league in our area, due to the shortage of interested schools, this puts Huguenot Primary School in the ideal position to build its own league and thereby compete with some of the strongest hockey schools in and outside of our immediate area.
The focus at our senior hockey is largely placed on building the individual skills required to be able to play in certain positions. There is also a focus on different gameplay patterns that can be implemented in matches.
Huguenot Primary School boasts with numerous provincial hockey players every year.
CROSS-COUNTRY
At Huguenot Primary, we take advantage of all the benefits that cross-country has to offer. The general fitness that our learners acquire here is an asset when they represent the school in other sports.
In the second and third terms, we participate in the schools’ league races which usually take place on Friday afternoons.
At the end of the league season, the learners who qualify advance to the provincial and national championships.
CHESS
Chess develops your brain muscle!
At Huguenot Primary, chess is not only a sport, but also a place where strategic thinking, problem-solving skills and the ability to concentrate are combined with great fun.
Our chess players can join our chess lessons and participate in tournaments throughout the year. A very skilled external coach, in collaboration with our chess teachers, coaches our rising chess stars. Our teams regularly, and with great success, participate in various tournaments.
We also form part of the Wellington Schools League, where our first and second teams compete with various schools in and around Wellington.