Kultuur2025-06-18T14:51:34+00:00

Kultuur

Kultuur

By Hugenote Laerskool speel leerders se kulturele ontwikkeling ‘n belangrike rol in ons strewe om hulle vir die lewe toe te rus. Omdat ontwikkeling, blootstelling en groei op kulturele gebied vir ons ‘n prioriteit is, bied ons ‘n verskeidenheid kulturele aktiwiteite aan wat leerders se talent ontgin, selfvertroue bou en ‘n liefde vir die kunste en tradisies kweek. Van koor, musiek en redenaars tot drama en kuns – daar is iets vir elke kind om hul kreatiwiteit, selfvertroue en kulturele bewustheid te ontwikkel. Ons vier kultuur en bied leerders geleenthede op verskeie kreatiewe platforms.

KOOR

Hugenote Laerskool spog met ‘n uitstekende Junior- en Seniorkoor.  Ons neem gereeld en met groot sukses aan ‘n verskeidenheid optredes en kompetisies deel.  Hieronder tel gerekende eisteddfods, koorfeeste, sangdienste, sowel as nasionale kompetisies soos die ATKV Applous Koorkompetisie en Sing in Harmonie.  Ons is in 2018 as nasionale wenners in die Sing in Harmonie reeks, wat op Kyknet uitgesaai is, aangewys en het al groot provinsiale welslae in die ATKV Applouskompetisie behaal.

Ons bied jaarliks ‘n Koorfees vir kore van omliggende skole aan en tree boonop gereeld as gaskunstenaars by verskeie funksies op.  Optredes vind meesal saans of oor naweke plaas.

Nadat kooroudisies by die koorleidster afgelê is, kom leerders in aanmerking om as koorlede oorweeg te word.  Die Junior- en Seniorkoor oefen tydens skoolure.

Koorlede moet formele skooldrag vir optredes dra.

Afrigter: L. Engelbrecht

 

EISTEDDFOD

Hugenote neem jaarliks met groot welslae aan die Paarl Vallei en Tygerberg Internasionale Eisteddfods deel.  Ons spog met ‘n tradisie van talle bekerwenners/kategoriewenners en uitstaande prestasies by hierdie eisteddfods.

 

Ons leerders neem aan ‘n groot verskeidenheid kategorieë deel.  Dit sluit onder andere die volgende in:

  • Voordrag
  • Spreekkore
  • Drama (Monoloë/ Gedramatiseerde Prosa/ Tweesprake)
  • Redenaars
  • Onvoorbereide lees
  • Handskrif
  • Kreatiewe Skryfkuns
  • Fotografie
  • Skeppende Kuns
  • Sang (Solosang en Duette)
  • Klavier
  • Koor

 zeemanj@hugprim.co.za

REDENAARS

Ons bied ‘n gespesialiseerde platform waar leerders hul vaardighede in openbare redevoering en optrede voor mense kan ontwikkel.  Graad 4- tot 7-sprekers word voorberei om aan voorbereide kompetisies deel te neem, terwyl daar, met die oog op die ATKV-redenaarskompetisie, gespesialiseerde afrigting vir onvoorbereide toesprake in graad 6 en 7 is. Redenaars neem aan plaaslike, sowel as nasionale kompetisies deel.  Dit sluit onder andere die volgende in:

  • ATKV-Redenaars
  • Oppie Tong Af
  • Radikale Redenaars
  • Tygerberg Internasionale Eisteddfod

By redenaarsklasse word daar ook, na afloop van deelname aan kompetisies, onderrig in basiese dramavaardighede onderrig.

Redenaars dra formele skooldrag tydens optredes.

Afrigter: J. Zeeman en A. du Preez

 zeemanj@hugprim.co.za

KULTUURAANDE EN KONSERTE

Ons bied jaarliks twee kultuuraande aan waar ons met die room van ons veelsydige kultuurprestasies spog.

Heelskool-konserte vind slegs een keer in sewe jaar plaas.  Ons bied ook gereeld ‘n “Huguenot’s Got Talent”-kompetisie en ‘n Melodrama aan.

KUNSUITSTALLING

Hugenote hou elke paar jaar ‘n groot kunsuitstalling waar ons leerders se kunswerke ten toon gestel word.  Hierdie prestige-geleentheid is altyd ‘n deftige hoogtepunt op ons kultuurkalender.

BESOEKERS EN UITSTAPPIES

Die skool nooi jaarliks die Storieskip-teaterspan om ons kinders op ‘n vermaaklike wyse met lewenslesse en waardevolle teateretiket toe te rus.

Talle bekende en bekroonde skrywers praat gereeld met ons kinders oor nuwe kinderboeke, stel nuwe boeke aan ons leerders bekend en help om die wonder van woorde vir ons leerders te ontsluit.

Culture

At Huguenot Primary School, we believe that culture plays a significant role in the holistic development of every learner. We offer a variety of cultural activities that make the best use of talent, builds confidence, and cultivates a love for the arts and traditions. From choir and public speaking to drama and art – there is something for every child to help develop their creativity and talents. At our school, we celebrate culture and offer learners the opportunity to live out their talents on various platforms.

CHOIR

Huguenot Primary School boasts with an excellent Junior and Senior Choir. We regularly participate in a variety of performances and competitions with great success.  These include well-regarded eisteddfods, choir festivals, singing at church services, as well as national competitions such as the ATKV Applous Choir Competition and Sing in Harmonie.  In 2018 we were named national winners in the Sing in Harmonie series, which was broadcast on kykNET, and have achieved outstanding provincial success in the ATKV Applous Competition.

We host a choir festival annually for choirs from surrounding schools and also perform regularly as guest artists at various functions.  Performances mostly take place in the evenings or on weekends.

After choir auditions have been completed with the choir director, learners are eligible to be considered as choir members.  The Junior and Senior Choir rehearse during school hours.

Choir members must wear formal school uniform for performances.

Conductor: L. Engelbrecht

EISTEDDFOD

Huguenot learners participate in the Paarl Valley and Tygerberg International Eisteddfods every year with great success.  We boast with a tradition of numerous cup winners/category winners and outstanding achievements at these eisteddfods.

 

Our learners participate in a wide variety of categories.  These include, among others, the following:

  • Recitation
  • Choral verse
  • Drama (Monologue/ Dramatised Prose/ Dialogue)
  • Oratory
  • Unprepared reading
  • Handwriting
  • Creative Writing
  • Photography
  • Creative Arts
  • Singing (Solo and Duet)
  • Piano
  • Choir

 zeemanj@hugprim.co.za

ORATORY

Ons bied ‘n gespesialiseerde platform waar leerders hul vaardighede in openbare redevoering en optrede voor mense kan ontwikkel.  Graad 4- tot 7-sprekers word voorberei om aan voorbereide kompetisies deel te neem, terwyl daar, met die oog op die ATKV-redenaarskompetisie, gespesialiseerde afrigting vir onvoorbereide toesprake in graad 6 en 7 is. Redenaars neem aan plaaslike, sowel as nasionale kompetisies deel.  Dit sluit onder andere die volgende in:

  • ATKV-Redenaars
  • Oppie Tong Af
  • Radikale Redenaars
  • Tygerberg Internasionale Eisteddfod

By redenaarsklasse word daar ook, na afloop van deelname aan kompetisies, onderrig in basiese dramavaardighede onderrig.

Redenaars dra formele skooldrag tydens optredes.

Afrigter: J. Zeeman en A. du Preez

 zeemanj@hugprim.co.za

CULTURAL EVENINGS AND CONCERTS

We host two cultural evenings annually where we show off the cream of our versatile cultural achievements.

Whole-school concerts take place once every seven years.  We also host a “Huguenot’s Got Talent” competition and a Melodrama regularly.

ART EXHIBITION

Huguenot Primary School holds a large art exhibition every few years where our learners’ artwork is showcased.  This prestige event is always a classy highlight on our cultural calendar.

VISITORS AND EXCURSIONS

Every year, the school invites the Storieskip theatre team to equip our children with life lessons and valuable theatre etiquette in an entertaining way.

 

Many well-known and award-winning authors regularly talk to our children about new children’s books, introduce new books to our learners and help unlock the wonder of words for our learners.

Go to Top