ISF Akademie2025-06-18T14:40:42+00:00

ISF Akademie

ISF Akademie

Die kurrikulum van Hugenote Laerskool se Intermediêre Seniorfase (ISF) strek veel wyer as net die voorgeskrewe lesse wat onderrig word. Ons poog om voort te bou op die geestelike, morele en fisiese fondasie wat reeds in die grondslagfase gelê is sodat kinders hul vaardighede kan ontwikkel om ten volle tot die samelewing by te dra.

In hierdie fase gee ons leerders blootstelling aan ‘n verskeidenheid leerterreine en -fasette, binne en buite die klaskamer, om ‘n gebalanseerde leerders te ontwikkel en voor te berei vir die samelewing.

Klasonderrig word in die ISF met vakonderrig vervang en leerders is bevoorreg om onderrig van gespesialiseerde onderwysers in elke vak te ontvang.

In die Intermediêre Fase (Graad 4-6) en in die eerste jaar van die Seniorfase (Graad 7) word die volgende vakke, wat deel vorm van die KABV kurrikulum, onderrig:

  • Afrikaans HT of English HL
  • Afrikaans EAT of English FAL
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe
  • Sosiale Wetenskappe
  • Lewensvaardighede (Kuns & Kultuur, Liggaamlike Opvoeding, Visuele Kuns en Lewensopvoeding)

Bo en behalwe die bogenoemde vakke ontvang leerders in die seniorfase (Graad 7) ook onderrig in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Tegnologie en Skeppende Kunste.

Die skool is goed toegerus en beskik oor ‘n verskeidenheid hulpbronne om leer te bevorder. Ons klasse is klein om individuele aandag ter verseker en alle vakke word onderrig in klaskamers wat toegerus is met hul eie rekenaar en interaktiewe-witborde om leerders se leerervaring te verbreed. Ons leerders onvang weekliks kunslesse in ons goedtoegeruste kunslokaal en rekenaarvaardigheidslesse, sowel as onderrig in kodering in ons opgedateerde rekenaarlokaal. Ons leerders se entrepreneursvaardighede word ook met markdae aangemoedig en ontwikkel.

Die skool se akademiese en dissiplinêre spanne werk nou saam om elke kind se ontwikkeling en groei te monitor en te verseker dat hulle hul volle potensiaal bereik. Kommunikasie met ouers speel ‘n baie belangrike rol in die algehele sukses en vordering van ons leerders. Indien ‘n leerder gïdentifiseer word wat addisionele ondersteuning benodig, word intervensie aan hierdie leerders deur die vakonderwysers gebied om areas van kommer te ondersteun.

ISP Academics

The curriculum of Huguenot Primary School’s Intermediate and Senior Phase (ISP) extends beyond the prescribed lessons taught. We aim to build on the spiritual, moral and physical foundation already laid in the foundation phase so that children can develop their skills to contribute fully to society.

In this phase, we give learners exposure to a variety of learning areas and facets, inside and outside of the classroom, to develop a balanced learner and prepare them for society.

Classroom teaching is replaced with subject teaching in the ISP and learners are privileged to receive instruction from specialised teachers in each subject.

The following subjects, which form part of the CAPS curriculum, are taught in the Intermediate Phase (Grade 4-6) and in the first year of the Senior Phase (Grade 7):

  • Afrikaans HT or English HL
  • Afrikaans EAT or English FAL
  • Mathematics
  • Natural Sciences
  • Social Sciences
  • Life skills (Arts & Culture, Physical Education, Visual Arts and Life Education)
Go to Top