Doemsie Akademie2025-06-18T15:45:23+00:00

Doemsie

Hier is ons kinders dié heel belangrikste!

By ons Doemsie Kampus is ons kinders die héél belangrikste! Hierdie Kampus van ons skool is bevoorreg om nie net deel van die Hugenote-familie te wees nie, maar ook deel te neem en baat te vind by al die Laerskool se aktiwiteite. Die Doemsie Kampus beskik oor vier Graad R-klasse (3 Afrikaans en 1 Engels) en drie Graad RR-klasse (2 Afrikaans en 1 Engels).

By Doemsies val die fokus op ‘n kindgedrewe benadering, eerder as ‘n bloot taakgedrewe werkswyse. Ons glo in ‘n holistiese aanslag, waar elke kind in totaliteit ondersteun en ontwikkel word: akademies, fisies en geestelik. Daar word klem geplaas op verskillende areas van ontwikkeling, insluitend motoriese vaardighede, kennis, houdings en waardes.

Elke kind word nie net vir die “groot skool” voorberei nie, maar ook vir al die uitdagings wat die lewe mag bring. Ons fokus daagliks daarop om kommunikasievaardighede, kreatiwiteit, probleemoplossing en spanwerk te ontwikkel. Opgeleide onderwyseresse ondersteun ook verskillende leerstyle deur ‘n multi-sensoriese benadering tydens onderrigtyd te volg. Elke kind word op sy eie ontwikkelingsvlak ontmoet en daar word dan daarop voortgebou om te verseker dat elkeen hul volle potensiaal bereik. Elke Doemsie is spesiaal en uniek en elkeen word gemotiveer om hul beste te lewer.

Speel-speel word daar elke dag sommer ‘n groot verskeidenheid vaardighede en kennis aangeleer. Ons maak musiek, dans en sing, bak en brou en maak die wonderlikste kunswerke.

Ons speelgrond is elke kind se droom. Dit is ingerig om nie net ‘n breë spektrum motoriese vaardighede te ontwikkel nie, maar ook om ‘n verskeidenheid ontwikkelingsaspekte van die kind op ‘n veelvlakkige manier aan te spreek.

Die volgende vakke vorm deel van die KABV kurrikulum:

  • Afrikaans (huistaal)
  • English (home language)
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid

Bo en behalwe die bogenoemde vakke ontvang leerders ook deurlopend onderrig in die volgende vakke:

  • Rekenaarvaardigheid
  • Robotika en Kodering

Alle assesserings vind deurlopend in ‘n ontspanne leeratmosfeer plaas.

Doemsie

Here our children are the most important!

At our Doemsie Campus, our children are the most important! Doemsie is privileged to not only be part of the Huguenot family, but also to participate in and benefit from all the primary school’s activities. The Doemsie Campus has four Grade R classes (3 Afrikaans and 1 English) and three Grade RR classes (2 Afrikaans and 1 English).

At Doemsie, the focus is on a child-driven approach, rather than a purely task-driven way of working. We take a holistic approach where each child is supported and developed academically, physically and spiritually. Emphasis is placed on different areas of development, including motor skills, knowledge, attitudes and values.

Every child is prepared not only for the “big school” but also for all the challenges that life may bring. We focus on developing communication skills, creativity, problem-solving and teamwork daily. Trained teachers also support different learning styles by taking a multi-sensory approach in the classroom during teaching time. Each child is met at their own level of development and is then grown to ensure that each reaches their full potential. Each Doemsie child is special and unique, and each is encouraged to give of their best.

Through play, a wide variety of skills and knowledge is learned every day. We make music, dance and sing, create and bake, and make the most amazing works of art.

Our playground is every child’s dream. It is set up not only to develop a broad spectrum of motor skills, but also to address a variety of developmental aspects of the child in a multi-faceted way.

The following subjects form part of the CAPS curriculum:

  • Afrikaans (home language)
  • English (home language)
  • Mathematics
  • Life Skills

In addition to the above-mentioned subjects, learners also receive continuous instruction in the following subjects:

  • Computer Proficiency
  • Coding and Robotics

All assessments take place continuously in a relaxed learning atmosphere.

Ons Klaskamers

Ons Speelterrein

Go to Top