
Grondslagfase
Grondslagfase
In die Grondslagfase is daar 4 klasse per graad, waarvan 3 Afrikaans en 1 Engels is. Die boustene vir alle toekomstige leer word in hierdie fase gelê en daarom is dit vir ons van kardinale belang om elke leerder holisties te ontwikkel. Die bevordering en ontwikkeling van persoonlike, sosiale en emosionele welstand, asook ‘n positiewe ingesteldheid teenoor leer en sosiale vaardighede is die grondslag van alle leer.
Ons fokus word op basiese wiskunde- en taalvaardighede en die vaslegging daarvan toegespits. Daar word daagliks matwerk in klein groepies met gedifferensieerde lees- en wiskundeaktiwiteite in al die klasse gedoen. Indien ‘n leerder geïdentifiseer word wat addisionele ondersteuning benodig, word intervensieklasse na skool vir hierdie leerders deur die klasonderwyseres aangebied om areas van kommer te ondersteun.
Motoriese vaardighede word daagliks ingeoefen om leerders in totaliteit te ontwikkel. Elke graad het ook hul eie aparte speelterrein met ‘n verskeidenheid klim- en klouterapparate om groot motoriese ontwikkeling tydens vryspel aan te moedig.
Leerders word die geleentheid gebied om deur middel van ontdekking, kritiese denke, kommunikasie, groepwerk en kreatiwiteit te leer en te doen. Al ons klasse is ook toegerus met ‘n interaktiewe witbord vir E-leer.
Foundation Phase
In the Foundation Phase there are 4 classes per grade, of which 3 are Afrikaans and 1 is English. The building blocks for all future learning are laid in this phase and it is therefore crucial for us to develop each learner holistically. The promotion and development of personal, social and emotional well-being, as well as a positive attitude towards learning and social skills are the foundation of all learning.
Our focus is on basic Mathematics and language skills and the consolidation thereof. Mat work is done daily in small groups with differentiated reading and maths activities in all the classes. If a learner who needs additional support is identified, intervention classes are offered by the class teacher after school to support areas of concern.
Motor skills are practised daily to develop learners in totality. Each grade also has their own separate playground with a variety of climbing equipment to encourage gross motor development during free play.
Learners are offered the opportunity to learn and do through discovery, critical thinking, communication, group work and creativity. All our classes are also equipped with an interactive whiteboard for E-learning.